top of page

RUGBY: Die Cheetahs terug op die wenpad nadat hulle die Pumas stuit in ronde nommer twee van die Curriebeker-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 4
  • 1 min read

Die Toyota Cheetahs is terug op die wenpad in die 2025 Curriebeker-toernooi nadat hulle die Pumas met 42 – 25 gesklop het. Die tuisspan het ses keer gaan druk terwyl die Speler van die Wedstryd Jandre Nel self vier daarvan ingeryg het. Die Cheetahs speel eerskomende naweek teen die Haaie wat deur die Bulle met 64 – 0 uit die pad gevee is terwyl die WP ook sonder ’n oorwinning terugkeer Kaap toe nadat die Leeus hulle ’n rugbyles van 40 – 19 in Johannesburg geleer het. Die Griekwas was Sondag teen die Boland in aksie in Kimberley waar die Poubloues met 48 - 39 die septer geswaai het. *Boishaai het ook ’n geskiedkundige oorwining in die grootste interskole-derby van die jaar behaal toe hulle Paarl Gimnasium met 35 – 33 in die Paarl geklop het.

 
 
 

Comments


bottom of page