top of page

RUGBY: Die derde ronde van die 2025 Curriebeker gaan weer die naweek sorg vir topklas rugby

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 8, 2025
  • 1 min read

Die derde ronde van die Carling Curriebeker Premierliga begin Vrydag in Kimberley waar die Griekwas teen die Westelike Provinsie sal speel. In Saterdag se wedstryde sal die Bulls die Pumas in Pretoria verwelkom terwyl die Haaie  ‘n strawwe toets teen die Cheetahs in Durban in die gesig staar. Sondag se aksie eindig in Wellington waar die Boland die kragtige Lions ontvang. Die Bulle en Leeus is gesamentlik bo-aan die punteleer op tien punte gevolg deur die Cheetahs en die Pumas op sewe en ses punte onderskeidelik.

 
 
 

Comments


bottom of page