top of page

RUGBY: Die Haaie en Dragons eindig gelykop

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 4, 2025
  • 1 min read

Die Dragons het in onophoudende reën en stormwinde hul beste uitslag in 19 Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde behaal toe hulle ‘n gelykopuitslag met 17-17 teen die Haaie afgedwing het.


Netwerk24 berig dit is die eerste keer in meer as ‘n jaar, en ook die eerste keer sedert die eerste rondte van verlede seisoen, wat die Walliese klubspan nie aan die verkeerde kant van die telbord in die kompetisie geëindig het nie.


Alhoewel die Durban-span vir die meerderheid van die wedstryd die oorhand geniet het, was die Haaie telkens in die tweede helfte op hul teenstanders se doellyn, maar die punte wou nie kom nie.


Die eerste punte in die tweede helfte het eers gevolg na Tinus De Beer met ‘n strafdoel die punte gelykgemaak het.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24


Comments


bottom of page