top of page

RUGBY: Die Kaapstad-sewestoernooi bly vir nog drie jaar op die amptelike kalender

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 2
  • 1 min read

Die Kaapstad-sewestoernooi bly vir nog drie jaar op die amptelike kalender en die 2025-uitgawe vind op 6 en 7 Desember plaas. Die nuwe seisoen skop op 29 en 30 November in Dubai af, waarna Kaapstad die volgende week die aksie huisves voordat Singapoer in Januarie 2026 oorneem. Die Blitsbokke, tans wêreldkampioene, sal hul titel voor tuisgehore in die Moederstad probeer verdedig. Volgens Saru-baas, Rian Oberholzer, is die toernooi meer as net rugby en bied dit ’n sport- en leefstylervaring, terwyl kaartjies van Vrydag beskikbaar is.

 
 
 

Comments


bottom of page