RUGBY: Die Leeus gaan wil tande wys vir die Boland Kavaliers in ronde nommer drie van die Curriebeker-reeks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 6, 2025
- 1 min read
Die Leeus het ’n taai toffie wat op hulle wag wanneer hulle die Boland Kavaliers in ronde nommer drie van die Curriebeker-reeks gaan aanvat. Die Rooibontes het wel hul eerste twee wedstryde oortuigend gewen – eers teen die Haaie wat die verdedigende kampioen is en toe die WP wat ook op Ellispark streepsuiker gekry het. Die Leeus se afrigter Mzwakhe Nkosi weet hy meet kragte teen die uitgeslape voormalige Cheetah afrigter Hawies Fourie en die konsultant Chean Roux wat voorheen die Junior Bokke gebrei het. Die Bolanders sal as die nuweling in vanjaar se reeks terug op die wenpad wil kom wanneer die twee spanne mekaar Sondagmiddag om 15:00 in die Boland Stadion in Wellington gaan aanvat. *Die voormalige hoofafrigter van die Cheetahs Izak van der Westhuizen gaan na die land van die CherryBlossoms verhuis waar hy sy afrigters-loopbaan verder voortsit. Die 39-jarige se laaste wedstryd as waarnemende hoofafrigter was in die Europsese Uitdaagbeker-reeks toe die Vrystaters teen Lyon in Frankryk uitgedraf het. Van der Westhuizen wat as slot gespeel het, het in meer as ‘n 100 wedstryde vir die Cheetahs uitgedraf en het ook die Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie gebrei.






Comments