top of page

RUGBY: Die Springbok-vroue is terug op die oefenveld ter voorbereiding van wedstryd nommer twee in die Wêreldbeker-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28, 2025
  • 1 min read

Die Springbok-vroue is terug op die oefenveld voor hul Wêreldbeker-wedstryd in Groep D teen Italië met die wete dat ’n oorwinning oor die  Le Azzurre  hulle ‘n kwarteindstrydplek sal verseker. Hulpafrigter Franzel September het die span se intensiteit op die veld geprys en sê die groep het vinnig fokus verskuif ná hul oorwinning met tien drieë oor Brasilië maar gewaarsku dat Italië ‘n nuwe uitdaging met hul ervaring en skopwerk gaan bied. Die Springbokvroue se groepaankondiging sal Vrydag bekend gemaak word. Die wedstryd skop Sondagmiddag om 16:30 (SA Tyd) in York af.

 
 
 

Comments


bottom of page