top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Die Springbokke se kaptein sê die span het nie hul geleenthede gebruik nie

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 6 hours ago
  • 1 min read

Die Springbok-kaptein, Pieter-Steph du Toit, sê sy span het nie die geleenthede gebruik wat hul kant toe gekom het in hul kragmeting teen die All Blacks nie.


SABC-nuus berigh Du Toit sê in 'n toetswedstryd soos Saterdagaand s'n op Ellispark in Johannesburg maak die klein geleenthede die verskil tussen wen en verloor. Die All Blacks het die Springbokke met 33-16 geklop in die eerste van vier toetse as deel van die Greatest Rivalry toer. Die Nieu-Seelanders het vyf drieë gedruk teen die Springbokke se een.


Die Springbokke was teen rustyd met een punt voor toe die telling 13-12 was. Die Suid-Afrikaners het twee geelkaarte kort ná mekaar gekry. Dit is die Springbokke se eerste nederlaag in 13 toetswedstryde. Die volgende toets tussen die twee spanne is volgende Saterdag in Kaapstad.


GRAFIKA: Pinterest
GRAFIKA: Pinterest

 
 
 

Comments


bottom of page