RUGBY: Die Springbokke speel in ‘n eerste historiese Wembley-toets teen Japan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
Die Springbokke sal hul einde van die jaar toer op 1 November wegtrek met ’n geskiedkundige ontmoeting teen Japan by die Wembley-stadion wat die eerste rugbywedstryd by die stadion sedert 2016 sal wees. Dit sal slegs die vierde ontmoeting tussen die twee nasies wees met Suid-Afrika wat beide ontmoetings in 2019 gewen het na Japan se beroemde Miracle of Brighton-oorwinning by die 2015 Wêreldbeker-toernooi. Rassie Erasmus sê hy is verheug dat die Bokke hul Noordelike Halfrond-veldtog by so ‘n ikoniese stadion sal begin terwyl Japan se afrigter Eddie Jones sê om die Bokke te konfronteer bly die droom vir elke speler wat vir die Cherry Blossoms uitdraf.






Comments