RUGBY: Die Toyota Challenge, Bring die Gees
- Armando Pieters
- Oct 10
- 1 min read

Maak gereed vir opwindende aksie wanneer die vyfde Toyota Challenge op Vrydag, 17 Oktober by die Toyota-stadion in Bloemfontein afskop. Die Toyota Cheetahs sal die Black Lion van Georgië aandurf, met ’n tweede kragmeting op Sondag, 26 Oktober.
Dié jaar se kompetisie beloof weer vurige wedstryde, met elke oorwinning wat ’n span R250 000 se prysgeld in die sak kan bring. Daar is ook bonuspryse vir die Voor- en Agterspeler van die Wedstryd, wat die intensiteit verder opstoot.
Op 26 Oktober sal die Cheetahs Legends teen die Bulls Legends speel as voorwedstryd.
Skole of rugbyklubs wat die wedstryde as ‘n groep bywoon en die meeste “gees” na die stadion bring met baniere en die sing van liedjies, staan ook die kans om R20 000 in kontant te wen op elke wedstryddag.
Daar is ook R5000 kontant op die spel vir ondersteuners wat ‘n plakaat saambring en ‘n “selfie” met die hutsmerk #ToyotaChallenge op Facebook plaas.
Kaartjies kos slegs R50 vir die hoofpaviljoen, R30 vir die ooppaviljoen en R20 vir studente en skoliere.
Kaartjies is beskikbaar by die kaartjiekantoor in Toyota Stadion of aanlyn by http://www.ticketpros.co.za/
Comments