top of page

RUGBY: Die Toyota Cheetahs is vasbeslote om Sondag in hul tweede ontmoeting met die Black Lion terug te veg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 24, 2025
  • 1 min read

Na ’n noue 38–39-nederlaag teen die Black Lion is die Toyota Cheetahs vasbeslote om Sondag in hul tweede ontmoeting met die Black Lion terug te veg.


Sondag 26 Oktober sal ook die voorwedstryd insluit tussen die Cheetahs Legends en die Blue Bulls Rugby Union Legends om 12:30 in die Toyota-stadion in Bloemfontein. Albei wedstryde word regstreeks op SuperSport uitgesaai.


Die Black Lion van Georgië is die ander genooide span in die ECPR Challenge Cup, wat in Desember en Januarie plaasvind. Hierdie ontmoeting dien as goeie voorbereidingvir albei spanne, aangesien die kompetisie die naweek van 6 Desember in Europa afskop.


Ondersteuners kan ook groot pryse wen — die skool of groep wat die meeste gees in die stadion toon, wen R20 000 kontant, geborg deur Toyota SA, terwyl daar ’n individuele prys van R5 000 is vir die persoon met die mees oorspronklike plakkaat.


Kaartjies vir Sondag se aksiebelaaide dag is beskikbaar by die Toyota-stadion se kaartjiekantoor of aanlyn by ticketpros.co.za.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page