top of page

RUGBY: Die ysterslot Will Skelton gaan die Wallabies se tuistoetste teen Argentinië in die Kampioenskaps-reeks misloop weens Franse klub verplgtinge

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 27, 2025
  • 1 min read

Die Australiese slot Will Skelton het teruggekeer na die Franse klub La Rochelle voor die Top 14-seisoen wat hom buite rekening laat vir die Wallabies se Rugbykampioenskap-tuistoetse teen Argentinië. Sy afwesigheid laat die afrigter Joe Schmidt se groep verder verswak met die reserweslot Lukhan Salakai-Loto wat op bystand sal wees. Beserings aan Allan Alaalatoa, Harry Wilson, Taniela Tupou en die hakers Matt Faessler en Lachlan Lonergan sal die Wallaby breier nog verdere slapelose nagte besorg. Australië is tweede op die punteleer agter Nieu-Seeland en maak gereed vir hul ontmoeting teen Argentinië die 6de September in Townsville, Queensland.

 
 
 

Comments


bottom of page