RUGBY: Engelse Rugbyunie grootbaas kry verhoging ondanks groot verliese
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 27, 2024
- 1 min read
Die grootbaas van Engeland se Rugbyunie Bill Sweeney het ’n salarisverhoging van meer as £400 000 ontvang ondanks die feit dat diè beheerliggaam ‘n rekord bedryfsverlies aangekondig het. Volgens die beheerliggaam se jaarverslag was die verlies £37.9 miljoen. Die verslag toon ook slegs ‘n inkomste van £175.2 miljoen in vergelyking met £221.4 miljoen in die vorige boekjaar. *Engeland bevind hul tans sewende op Wêreldrugby se ranglys terwyl die Springbokke bo-aan diè ranglys pronk.






Comments