RUGBY: Engen hernu sy vennootskap met SA Rugby
- Saamgestel deur Jana Roos

- 5 hours ago
- 1 min read
SA Rugby en Engen het hul vennootskap hernu en die brandstofkleinhandelaar se verbintenis bevestig om rugby van grondvlak tot die internasionale verhoog te ondersteun.
In die hernude ooreenkoms sal Engen die vennootskap bevorder deur middel van digitale storievertelling, wedstryddag-aktivering en gemeenskapsinisiatiewe dwarsdeur die 2026-rugbyseisoen. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, sê die voortgesette samewerking versterk die organisasie se vermoë om sukses op elitevlak te lewer, terwyl ontwikkelingsgeleenthede regoor die land uitgebrei word.
Engen se uitvoerende hoof, George Roberts, sê die maatskappy is trots om in gemeenskapsprogramme soos Get Into Rugby te belê om die volgende generasie spelers te help ontwikkel.








Comments