top of page

RUGBY: Faf de Klerk is deur die Springbok-bestuur opgeroep vir die toetse teen die All Blacks

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 1
  • 1 min read

Faf de Klerk is deur die Springbok-bestuur opgeroep vir die toetse teen die All Blacks. Die 33-jarige skrumskakel sluit by ‘n groep van 36 spelers aan, nadat Bongi Mbonambi om familieredes in Suid-Afrika agtergebly het. De Klerk, wat al 60 toetse vir die Bokke gespeel het, het ‘n sterk skakeling met Handré Pollard en die twee was die skakelpaar in die 2019- en 2023-Wêreldbeker-eindstryde. Hy maak deel uit van ‘n skrumskakel-groep wat ook Grant Williams, Morné van den Berg en Cobus Reinach insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page