RUGBY: Feinberg-Mngomezulu haal die kortlys vir speler van die jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 22
- 1 min read
Sacha Feinberg-Mngomezulu is op die kortlys vir die Kampioenebeker se speler van die jaar en is die enigste Suid-Afrikaner wat saam met verskeie internasionale sterre vir dié eer meeding.
Organiseerders loof sy vermoë om ruimte te skep, sy skopvernuf en sy bydrae tot die Springbokke se aanvallende sukses, terwyl hy ook benoem is vir Saru se speler van die jaar.
Intussen het die Stormers bevestig dat Wandisile Simelane, net soos Feinberg-Mngomezulu en Evan Roos, sy kontrak verleng het, met die 27-jarige agterspeler nou verbind tot minstens 2028.
Die Stormers berei voor vir Saterdag se VRK-kragmeting teen die Sharks by die DHL-stadion.







Comments