RUGBY: Franse klub pos Fidjiaan nadat hy spanmaat byt
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 13, 2025
- 1 min read
‘n Rugbyklub in Frankryk se tweedeliga, Biarritz Olympique, het ’n Fidjiaanse speler gepos na hy ‘n spanmaat gebyt het. Masivesi Dakuwaqa, wat ‘n goue medaljewenner by die 2016 Olimpiese Spele gewen het saam met Fidji se sewes rugbyspan, het ’n spanmaat - Pierre Pages - op die wang gebyt na ‘n span-partytjie by ‘n restaurant. Sy spanmaats het hom aangeraai om nie self huis toe te ry nie waarna hy kwaad geword het, ‘n motorruit gebreek en Pages gebyt het waar diè speler 20 steke vir die wond moes kry. Luidens ‘n verklaring van die klub het ‘n ondersoek dit duidelik gemaak dat dit onmoontlik is vir Dakuwaqa en die klub om hul verbintenis voort te sit.






Comments