top of page

RUGBY: Groot aksie en gees word Vrydag in die Toyota Stadion in Bloemfotnein verwag

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 17
  • 1 min read
ree

Groot aksie en gees word Vrydag in die Toyota Stadion in Bloemfotnein verwag wanneer die vyfde Toyota Challenge vanaand om 6 uur afskop.


Die Toyota Cheetahs sal die Black Lion van Georgië aandurf in wat beloof om ’n kragmeting van formaat te wees.


Beide spanne gebruik die Toyota Challenge as 'n opbou vir die komende Europese Professionele Klubrugby (EPCR)-toernooi. Vir die Cheetahs is dit meer as net 'n vriendskaplike wedstryd, dit is 'n deurslaggewende toets van gereedheid.


Volgens hoofafrigter Frans Steyn het die span nog 'n paar areas om te verfyn voordat hulle topvorm bereik.


Tydens die Toyota Challenge kan ondersteuners ook groot wen - R20 000 vir die groep met die meeste gees en R5000 vir die beste plakkaat wat saam 'n selfie en hutsmerk #ToyotaChallenge op sosiale media geplaas word.


Kaartjies kos net R50 vir die hoofpaviljoen, R30 vir die oop sitplekke en R20 vir studente en skoliere — beskikbaar by die Toyota-stadion of aanlyn by ticketpros.co.za



Comments


bottom of page