top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Haaie reis na Frankryk sonder ‘n paar Springbokke

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14, 2025
1 min read

Die Haaie gaan sonder ‘n paar van hulle Springbokke toer na Frankryk vir hul belangrike Kampioenebeker kragmeting. John Plumtree se span gaan kuier by Bordeaux vir hul laaste ronde kragmeting, en kort ten minste een punt om hulself ‘n plek in die ronde van 16 te verseker. Eben Etzebeth, Vicent Koch, Jordan Hendrikse en Makazole Mapimpi bly almal by die huis. Die Haaie en Bordeaux, wat tans die voorlopers is in hulle groep, ontmoet hierdie komende Sondag om drieuur.

 
 
 

Comments


bottom of page