RUGBY: Ierland het nuwe kaptein vir kragmeting teen Wallis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 21, 2025
- 1 min read
Die Ierse losvoorspeler, Dan Sheehan, sal sy land vir ‘n eerste keer op die rugbyveld lei wanneer hulle die naweek Wallis ontmoet by die Principality-stadion in Cardiff in die Sesnasies-reeks Sheehan sal die span aanvoer in die afwesigheid van Cealan Doris wat gedurende ‘n oefensessie sy knieg beseer het. Afrigter Andy Farrell het sewe veranderinge aan sy span gemaak met stut Thomas Clarkson wat vir die eerste keer in die beginspan ingesluit is terwyl nog ’n stut Jack Boyle sy buiging van die plaasvervangersbank sal maak. Die toets sal Wallis se eerste wees sedert afrigter Warren Gatland besluit het om sy pos te verlaat met Matt Sherratt wat die instaan afrigter is. Die Wallis en Ierland kragmeting sal Saterdagmiddag om 15:45 afskop.






Comments