RUGBY: Leeus & SWD sorg vir opskuddings op eerste dag van o.18 Cravenweek toernooi
- Armando Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Die 60ste 0.18 Cravenweek wat vanjaar in Mpumalanga beslis word het vir ’n paar opskuddings en hoogtepunte gesorg op die openingsdag van diè toernooi. Die Suidwestelike Distrikte wat in ’n stadium met 16 – 27 agter teen die Vrystaat was het die twee geelkaarte van die Wit en Oranje span uitgebuit om uiteindelik met 35 – 34 te wen. Die Leeus het vir die ander verrassing van die dag gesorg toe hulle vir slegs die derde keer sedert 1990 met die Bulle kon afreken waar die punte verskil weer net ’n punt was naamlik 36 – 35. Die Westelike Provinsie vyftiental het gewys dat diè unie oor heelwat diepte beskik toe hy die Griffons se naasbestes soos ’n tipiese Suid-Ooster getref het om met 52 – 6 koning te kraai. Die Pumas het voor hulle tuisskare die krane oopgedraai en die Limpopo Bulle met 44 – 22 uitgestof. Dinsdag se bepalings is: 10:00 - Luiperds vs. Valke 11:30 - Grens vs. Griekwas 13:00 - Haaie vs. Oostelike Provinsie 14:30 - Westelike Provinsie vs. Boland Alle wedstryde word regstreeks op SuperSport 211 uitgesaai.





Comments