top of page

RUGBY: McKenzie bank toe geskuif vir All Blacks se ontmoeting met die Wallabies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 27, 2024
  • 1 min read

Die All Black agterspeler Damian McKenzie sal van die plaasvervangersbank speel in die naweek se Rugby Kampioenskap ontmoeting teen die Wallabies in Wellington. Dit kom na McKenzie in agt agtereenvolgende Toetse in die nommer tien trui begin het. Van daardie agt wedstryde het hulle drie maal vasgeval, een keer teen Argentinië en twee maal teen die Springbokke. Afrigter Scott Robertson het vir Beauden Barrett gekies op losskakel, met die speler wat in die posisie begin vir die eerste keer sedert 2022.

 
 
 

Comments


bottom of page