top of page

RUGBY: Munster bevestig Jean Kleyn is fiks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 18, 2024
  • 1 min read

Die Ierse klub Munster het bevestig dat hulle Springbok slot fiks is voor die 2024/25 Verenigde Rugby Kampioenskap veldtog afskop. Die klub het in ‘n verklaring bevestig dat Jean Kleyn tans volstoom oefen met die span ,na hy ‘n groot deel van verlede seisoen weens besering misgeloop het. ‘n Oogbesering het vir Kleyn op die kantlyn gehou sedert die Springbokke verlede jaar die Rugby Wêreldbeker gewen het. Die Verenigde Rugby Kampioenskap skop Vrydag af met Munster wat Saterdagaand teen Connacht te staan kom.

 
 
 

Comments


bottom of page