RUGBY: Pieter-Steph du Toit loop Bokke se eerste vier kragmetings van internasionale seisoen mis weens beserings
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 17, 2025
- 1 min read
Die Springbokke en Wêreldrugby se 2024 Speler van die Jaar Pieter-Steph du Toit gaan die eerste vier kragmetings van die wêreldkampioen se internasionale verpligtinge misloop. Diè 32-jarige ysterman wat tans sy rugby vir die Japanse klub Toyota Verblitz speel is een van ses spelers wat weens ‘n besering die Barbarians, Italië en Georgië wedstryde gaan moet uitsit. Sy spanmaats Gerhard Steenekamp, Ntuthuko Mchunu, Juarno Augustus, Cameron Hanekom en Lukhanyo Am is ook vrygestel weens beserings terwyl die Hendrikse broers Jaden en Jordan , Quan Horn en Ntokozo Makhaza nie die verminderde groep van 45 kon haal nie. Afrigter Rassie Erasmus het wel die groentjie-stut Boan Venter wat voorheen vir die Cheetahs gespeel het en nou vir Edinburgh uitdraf tot diè uitsoekgroep bygevoeg. *Die Bokke se seisoen skop teen die Barbarians af waarna Italië twee keer teen die Groen en Goud uitdraf op 5 en 12 Julie en Georgië dan 'n week daarna weer op hulle wag.






Comments