top of page

RUGBY: Rassie Erasmus maak 11 veranderinge aan Bokspan teen Italië in Gqeberha

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 9, 2025
  • 1 min read

Die Springbok afrigter Rassie Erasmus het 11 veranderinge aangebring vir eerskomende Saterdag se tweede toets teen Italië in Gqeberha. ’n Splinternuwe agterlyn sal in aksie wees met Grant Williams en Manie Libbok as die skakelpaar terwyl Canaan Moodie en Andrè Esterhuizen op 12 en 13 sal speel.  Die agterste driehoek bestaan uit Makazole Mapimpi en Edwill van der Merwe terwyl die veteraan Willie le Roux in sy 100ste toets op heelagter gaan uitdraf. Voorlangs word die skrum deur Thomas du Toit, Malcolm Marx en Wilco Louw geanker. Salmaan Moerat sal die span aanvoer met Ruan Nortjie as sy slotmaat terwyl Marco van Staden, Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese as die lostrio-kombinasie besit sal moet verseker by die afbreekpunte. Die reserwebank bestaan uit Jan-Hendrik Wessels, Ox Nche, Asenathi Nltabakanye, Cobus Wiese, Evan Roos, Cobus Reinach, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Ethan Hooker. Afskop in die Nelson Mandela Stadion is om 17:10.

 
 
 

Comments


bottom of page