RUGBY: Rassie hou almal aan die raai oor die Bokspan teen Pumas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 22, 2025
- 1 min read
Rassie Erasmus het reeds 46 spelers gebruik vanjaar en met sy onvoorspelbare keuses bly dit moeilik om die Springbokspan vooraf te lees.
Hy het ’n groep van 33 spelers aangewys vir die laaste twee Rugbykampioenskap-toetse teen Argentinië.
Aphelele Fassi en Lood de Jager is weens beserings buite aksie, maar Eben Etzebeth keer terug en Handré Pollard kan weer op losskakel uitdraf.
Die ervare heelagter, Willie le Roux, oefen wel saam tot Woensdag in Durban om die groep se voorbereiding te slyp, al is hy nie deel van die wedstrydspan nie.






Comments