RUGBY: SA Beker skop af met 10 provinsiale spanne wat meeding vir Premier-liga status
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 7, 2025
- 1 min read
Die tweede uitgawe van die SA Beker skop vandag Vrydag in Mpumalanga af met 10 provinsiale spanne wat meeding om vir die Carling Curriebeker te kwalifiseer. Die openingswedstryd sien die Airlink Pumas gasheer speel vir die Phangela SWD Arende om 17:00 Vrydagmiddag. Saterdag se wedstryde sluit in wedstryde tussen die Valke en die Oostelike Provinsie die Luiperds teen die verdedigende kampioene Suzuki Griekwas , Sanlam Boland Kavaliers teen die Toyota Cheetahs en Grens teen die Griffons. Die voorste vier spanne sal saam met die vier Vodacom VRK-franchises ‘n plek in die Premierafdeling verdien terwyl die oorblywende spanne die Curriebeker Eerste Divisie sal meeding.






Comments