RUGBY: Sesnasies skop op wennoot af vir Ierland , Skotland en Frankryk
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 3, 2025
- 1 min read
Ierland , Skotland en Frankrkyk het hul Sesnasies-veldtogte op ’n wennnoot afgeskop met goeie oorwinnings oor onderskeidelik Engeland , Italië en Wallis. Ierland het ’n sterk aanslag teen die Rose afgeweer en met 27 – 22 die septer in die Aviva Stadion geswaai terwyl Skotland ook groot skrik op die lyf gejaag is deur die Azzuri op Murrayfield maar kon uiteindelik met 31 – 19 die oorwinning verseël. Frankryk het egter behoorlik vuur onder die Drake gemaak en met 43 – 0 in Stade de France die tuisskare op hul voete gehad. Eerkomende naweek speel Italië teen Wallis terwyl Engeland en Frankryk sake op die veld gaan uitspook.






Comments