RUGBY: Shimlas skop 2026 Varsitybeker af met innovasie en oorwinning
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Die 2026 FNB Varsitybeker het in styl afgeskop – en dit was die Shimlas van Bloemfontein wat vroeg hul stempel afgedruk het.
Shimla Park het gebruis toe die tuisspan FNB Maties met 50-39 geklop het in ’n asemrowende 13-drie-riller. Die wedstryd het ’n duidelike boodskap gestuur dat die Shimlas vanjaar ernstig is oor hul aanspraak op die titel.
Die seisoen se openingsaand is verder gekenmerk deur ’n sonkrag-aangedrewe lugskip wat bo die stadion gesweef het – ’n simboliese begin van nog ’n groot Varsitybeker-jaar.
Intussen het die NWU Eagles vir CUT met 59-42 geklop, UP-Tuks het die verdedigende kampioene UCT Ikeys met 38-22 in Pretoria verslaan, en UJ het Emeris met 61-41 in Johannesburg gewen.








Comments