RUGBY: Springbokke begin seisoen teen die BaaBaas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 25
- 1 min read
Die Springbokke begin weer hul internasionale rugbyjaar met ’n loslit-kragmeting teen die Barbarians, met vanjaar se wedstryd wat op 20 Junie in Gqeberha beslis word.
Volgens Rassie Erasmus is dit altyd opwindend om teen die BaaBaas te speel, en hy sien daarna uit om hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar as gasheer te verwelkom.
Die Bokke pak Engeland twee weke later in hul eerste Nasiesbeker-toets, en Erasmus glo die Barbarians-wedstryd bied ’n waardevolle kans om spelers wedstrydgereed te kry.
Kaartjies vir die Barbarians-wedstryd is Woensdag reeds beskikbaar, terwyl Suid-Afrika ook later vanjaar vier toetse teen Nieu-Seeland speel en verder teen Frankryk en Ierland te staan kom.







Comments