top of page

RUGBY: Stormers in Glasgow en gereed vir VRK-glorie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Die Stormers is die enigste Suid-Afrikaanse span wat weg speel in hierdie naweek se Verenigde Rugby Kampioenskap-kwarteindstryd - met ‘n volle week om in Glasgow voor te berei. Dis ‘n herhaling van verlede jaar se kwarteindstryd waar die Kapenaars met 27-10 uitoorlê is. Manie Libbok is weer fiks en Sacha Feinberg-Mngomezulu is in goeie vorm terwyl Damian Willemse se skorsing die deur oopmaak vir alternatiewe opsies in die agterlyn waar Dan du Plessis, Wandisile Simelane en Warrick Gelant almal ’n impak teen die Glasgow Warriors - wat die verdedigende kampioen is - kan maak. Die afskop in die Scotstoun Stadion is Vrydagaand 20:35 (SA tyd).

 
 
 

Comments


bottom of page