top of page

RUGBY: Swak uitvoering kos Blitsbokke ’n podiumplek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Springbok Sewes-afrigter, Philip Snyman, het erken dat hy gefrustreerd was nadat die Blitsbokke vierde geëindig het by die HSBC SVNS-toernooi in Singapoer.


Suid-Afrika het in die halfeindronde teen Frankryk en Nieu-Seeland in die uitspeelwedstryd om die derde plek verloor en van die bopunt van die puntelys na derde met 46 punte teruggesak.


Snyman het gesê die poging was daar, maar swak uitvoering, besluitneming en afronding was afwesig in die spel.


Die Blitsbokke fokus nou daarop om daardie tekortkominge reg te stel voor die Perth-been, waar hulle Fidji, Spanje en Argentinië op 7 en 8 Februarie in Groep A sal te staan kom.


FOTO: SA Rugby
FOTO: SA Rugby

Comments


bottom of page