top of page

RUGBY: Twee nederlae in een naweek vir Vrystaatse rugby-ondersteuners

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 7
  • 1 min read

In 'n naweek wat as teleurstellend vir Vrystaatse rugby-ondersteuners beskryf kan word, kon nie die Springbokke of die Cheetahs die mas opkom nie.

Die Springbokke kon Saterdagoggend nie hul wendroogte van 88 jaar op Eden Park teen die All Blacks breek nie, en hul Rugbykampioenskap-kroon is waarskynlik ook nou daarmee heen nadat hulle hul tweede nederlaag in drie kragmetings in vanjaar se reeks verloor het.

Netwerk24 berig die Bokke moes met 'n nederlaag van 24-17 die knie buig voor die span van Nieu-Seeland.

Intussen moes die Toyoya Cheetahs die onderspit delf in hul Currie Cup Premier Division- wedstryd teen die Vodacom Bulls.

Die Bulle het die Cheetahs met 35-31 kaf gedraf op Loftus Versfeld in Pretoria Saterdagaand.

Volgens SuperSport was die halfyd-telling 28-5.

 
 
 

Comments


bottom of page