RUGBY: Voormalige All Black voorspel taai uitdaging vir Nieu-Seeland
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 8, 2025
- 1 min read
Die voormalige Nieu-Seelandse losskakel, Aaron Cruden, glo Frankryk sal in Julie steeds ‘n moeilike teenstander vir die All Blacks wees - ondanks die feit dat hy ‘n verswakte span gestuur het. Die Franse sleutelspelers soos Romain Ntamack en Louis Bielle-Biarrey kry ruskans weens ‘n botsing met die klubseisoen maar Cruden is dit eens dat hulle oorgenoeg diepte beskik om die All Blacks die stryd aan te sê. Hy erken daar is ietwat van ‘n teleurstelling om nie die beste Franse span te sien nie, maar is opgewonde oor die komende toetsreeks wat ’n taai tweestryd tussen diè twee rugbyreuse voorspel. Cruden het in sy loopbaan 50 keer vir Nieu-Seeland uitgedraf en 322 punte vir sy land aangeteken.






Comments