top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Voormalige Shimla is betrek by Ierland se Sesnasies-groep

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 4, 2025
1 min read

‘n Voormalige Shimla speler Shayne Bolton is betrek by Ierland se groep vir die Sesnasies-reeks. Die 24-jarige Bolton wat tans by Connacht in Ierland gekontrakteer is, is opgeroep nadat Mac Hansen die afgelope naweek in Ierland se 27-22 oorwinning oor Engeland ‘n besering opgedoen het. Bolton wat ‘n oudleerling van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion is het die Vrystaat op junior vlak verteenwoordig en was deel van die Shimlas se Varsitybeker groep in 2021. Die veelsydige agterspeler kwalifiseer om vir Ierland te speel omdat sy ouma Noreen Stapleton in Ierland gebore is.

 
 
 

Comments


bottom of page