top of page

RUGBY: Wallis stel ’n nuwe hoofafrigter aan om die Rooi Drake reg te ruk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Die Walliese Rugbyunie het ’n regruk plan van stapel gestuur deur ’n voormalige Neath en Ospreys speler as sy nuwe hoofafrigter aan te stel met ingang vanaf 1 September 2025. Steve Tandy wat as Skotland se verdedigings-afrigter sedert 2018 aangestel was en vanjaar nog in diens was van die Dissels  was ook Britse en Ierse Leeus se verdedigings-afrigter in 2021 wat teen die Bokke gespeel het. Wallis wat tans die 12de plek op Wêreldrugby se ranglys beklee sal in November teen Nieu-Seeland, Argentinië, Japan en Suid-Afrika te staan kom. Die oud-Springbok Franco Smith wat die Glasgow Warriors afrig se naam is ook vroeër as ’n kandidaat genoem maar volgens kenners sal dit ’n hoë risiko wees vir enige breier se reputasie inhou om die Rooi Drake weer sy glorie dae te laat herleef. Wallis se groot toets sal teen die wêreldkampioen op 29 November in Cardiff wees waar die Bokke die laaste wedstryd tussen die twee spanne op die einste Principality stadion met 45 – 12 oorheers het.  

 
 
 

Comments


bottom of page