top of page

RUGBY: Wiese is vir vier wedstryde geskors

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 15, 2025
  • 1 min read

Die Springbok-agsteman Jasper Wiese is vir vier wedstryde geskors nadat hy die Italianer Danilo Fischetti met die kop gestamp het in Saterdag se toets teen Italië in Gqeberha. ‘n Dissiplinêre Komitee - bestaande uit die voorsitter Rhian Williams van Wallis en voormalige internasionale wedstryd beamptes Donald Courtney van Ierland en Valeriu Tomu van Roemenië - het Wiese skuldig bevind aan Reël 9.12 – “striking with the head” -  en die voorspeler is vir vier wedstryde geskors. Wiese sal die toetse teen Georgië sowel as die Australië en Nieu-Seeland misloop en sal eers weer na 6 September 2025 vir die Bokke beskikbaar wees. Wiese is ook verlede jaar vir die Leicester Tigers geskors is ná ’n soortgelyke oortreding.

 
 
 

Comments


bottom of page