RUGBY: Wêreld Rugby oorweeg ‘n reeks reëlveranderinge
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 9, 2024
- 1 min read
Wêreld Rugby oorweeg ‘n reeks reëlveranderings om beide die spelers en ondersteuners se ervaring te verbeter. Van die veranderings wat oorweeg word is die 20 minute rooi kaart reël, waar ‘n speler wat afgestuur is met ‘n rooi kaart na 20 minute vervang kan word. Ander reëls sluit in die wat in die Rugby Kampioenskap vanjaar getoets word, soos die 30 sekonde limiet om ‘n skrum of ‘n lynstaan aan die gang te kry. Volgens Wêreld Rugby is speeltyd in ‘n wedstryd op met twee minute en dertig sekondes in wedstryde waar die reëls getoets is. Die Wêreld Rugby-raad sal 14 November stem vir die veranderinge.






Comments