top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA en China versterk samewerking op die gebied van wetenskap en tegnologie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago
1 min read

Suid-Afrika en China gaan hul samewerking op die gebied van wetenskap, tegnologie en innovasie versterk deur middel van ’n gesamentlike forum wat vandeesweek in Wuhan, China, plaasvind.


Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Nomalungelo Gina, lei vanaf Dinsdag tot Vrydag ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die China-Afrika-forum oor innovasiesamewerking en -ontwikkeling.


Die vennootskap het reeds meer as 240 gesamentlike navorsingsprojekte ondersteun.


Verdere samewerking word beplan op die gebied van kunsmatige intelligensie, ruimtenavorsing, landbou en gesondheidsorg.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page