top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA en Lesotho werk saam om duisende wapens te vernietig

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15
1 min read

Suid-Afrikaanse en Lesotho-wetstoepassingsowerhede het 1 787 onwettige vuurwapens vernietig wat tydens misdaadbekampingsoperasies in Lesotho beslag gelê is.


Die vuurwapens is veilig na Suid-Afrika vervoer vir vernietiging as deel van ’n gesamentlike inisiatief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Lesotho Berede Polisiediens.


Die vernietiging is deur die waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, en Lesotho se polisiehoof, kommissaris Borotho Matsoso, waargeneem.


Die inisiatief vorm deel van Afrika Amnestiemaand en steun pogings om onwettige vuurwapens uit sirkulasie te verwyder.


FOTO: X
FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page