SA en Zimbabwe moet saamwerk oor migrasie

Aug 20
1 min read
Suid-Afrika en Zimbabwe moet saamwerk om immigrasie-uitdagings op te los. Dit is luidens die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola.
Lamola het die vierde sitting van die Bi-Nasionale Kommissie tussen Suid-Afrika en Zimbabwe toegespreek. Die vergadering het ten doel om bilaterale samewerking tussen die twee lande te versterk.
Die minister sê die meerderheid migrante in Suid-Afrika is van Zimbabwe afkomstig.
Lamola sê beide lande sal baat vind by ordelike migrasie.
LUISTER HIER:
260820nRonaldLamolaMigration









Comments