'SA het ‘n sterk boodskap oor sy vordering in Davos oorgedra'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 26
- 1 min read
Updated: Jan 27
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het ‘n sterk boodskap oor sy vordering by die Wêreld Ekonomiese Forum oorgedra. Die forum is verlede week in Davos in Switserland gehou.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die Suid-Afrikaanse afvaardiging in die afwesigheid van president Cyril Ramaphosa gelei. Volgens Lamola het die president se afwesigheid nie die afvaardiging se doelwitte belemmer nie.
Hy sê hulle het die land se prestasies in verskeie sektore uitgelig, terwyl hulle steun vir ‘n reëlgebaseerde internasionale orde en globale konflikoplossing herbevestig het.






Comments