top of page

SA besoek Switserland vir die Wêreld Ekonomiese Forum

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 19
  • 1 min read

’n Afvaardiging van Suid-Afrikaanse ministers sal hierdie week die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland bywoon om die land se ekonomiese herstel en beleggingspotensiaal te bevorder.


Die forum duur van Maandag tot Vrydag onder die tema "A Spirit of Dialogue".


Die Nasionale Tesourie sê ministers sal fokus op onlangse vordering, insluitend verbeterde elektrisiteitsstabiliteit, die land se verwydering van die Financial Action Task Force gryslys en ’n kredietgradering-opgradering. Die doel is om Suid-Afrika as ’n aantreklike beleggingsbestemming te posisioneer.


Daar word gevrees dat die agenda hierdie jaar egter oorheers gaan word deur geopolitieke spanning.


FOTO: European Research Council
FOTO: European Research Council

Comments


bottom of page