top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA kan nou kersies na China uitvoer

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8
1 min read

Die minister van Landbou, Wille Aucamp, het ’n protokol onderteken wat die Chinese mark vir die eerste keer vir Suid-Afrikaanse kersies oopmaak.


Die ooreenkoms is Dinsdag in Beijing onderteken tydens die negende Ministeriële Vergadering van Sanitêre en Fitosanitêre Sake.


China is die wêreld se grootste kersie-invoerder en het verlede jaar sowat 586 900 ton ter waarde van $3,3 miljard ingevoer.


Die nuwe mark sal na verwagting belegging in kersieproduksie ’n hupstoot gee en sowat 600 werksgeleenthede skep.


Aucamp sê daar is nog meer wat tussen Suid-Afrika en China moet gebeur.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page