top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA se deelname aan Agoa is opgeskort

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3
1 min read

Die Trump-administrasie het Suid-Afrika se deelname aan die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) opgeskort.


Dit beëindig die land se voorkeurbelastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vanaf 1 Januarie 2027.


Die besluit kom te midde van gespanne betrekkinge tussen Washington en Pretoria.


Die Verenigde State verwys na Suid-Afrika se handelsbeperkings, korrupsie en wat hy beskryf as bedreigings vir Amerikaanse nasionale veiligheid en buitelandse beleidsbelange.


Verskille oor grondhervorming, swart ekonomiese bemagtiging en Suid-Afrika se saak teen Israel by die Wêreldhof het ook tot die spanning bygedra.

 

 Intussen sê Solidariteit hy is teleurgesteld oor die Verenigde State se besluit om Suid-Afrika van Agoa uit te sluit.


Die vakbond blameer president Cyril Ramaphosa en die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, vir die besluit.


Volgens Solidariteit het die Suid-Afrikaanse regering se versuim om verswakkende diplomatieke betrekkinge met die VSA te herstel, tot die uitsluiting bygedra.


Solidariteit waarsku dat gewone werkers en nywerhede nou die prys sal betaal vir wat hy as politieke nalatigheid beskryf.


Die vakbond se hoof van internasionale skakeling, Jaco Kleynhans, doen ’n beroep op die regering om die geskil met die VSA onmiddellik en op ’n konstruktiewe wyse op te los.


Ter illustrasie. FOTO: Joburg Etc.
Ter illustrasie. FOTO: Joburg Etc.

 
 
 

Comments


bottom of page