top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee boorgate in Brandfort is glo leeg ná die munisipaliteit se beweerde versuim om water te voorsien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
13 hours ago
1 min read

Minstens twee boorgat-eienaars in Brandfort se boorgate het skynbaar drooggeloop nadat groot hoeveelhede grondwater na bewering te midde van ’n waterkrisis onttrek is.


Terwyl die munisipale water Maandagmiddag ná meer as twee weke begin terugkeer het, is sommige inwoners se boorgate nou droog.


Netwerk24 berig inwoners hier is sedert 30 Oktober sonder munisipale water en onder meer van private boorgat-eienaars afhanklik om hulle van water te voorsien.


Die vinger word nou na die Masilonyana-munisipaliteit gewys, wat na bewering geen noodwaterlewering tydens die krisis ingestel het nie.


Die munisipaliteit ontken dit egter ten sterkste en beweer hy het twee watertenkwaens gehuur om water aan die inwoners te verskaf.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page