SA se ekonomie bly kwesbaar

Business Leadership South Africa (BLSA) sê Suid-Afrika se ekonomie bly kwesbaar, ondanks verbeterde sentiment en vordering met hervormings.
Volgens die uitvoerende hoof, Busi Mavuso, het die ekonomie in die tweede kwartaal met 0.2% gekrimp, terwyl werkloosheid tot 33.6% gestyg het.
Sy voeg die afname in handels-, vervaardigings- en mynbouaktiwiteit beklemtoon die werk wat nog gedoen moet word om volhoubare groei te bereik.
Belegging is ook ’n groot bron van kommer, met bruto vaste kapitaalvorming wat tot 13.6% van die BBP gedaal het.
Mavuso is van mening dat die regering en staatsbeheerde ondernemings aan beleggingsteikens moet voldoen en hul balansstate versterk om die ekonomie te help om die groeikoers van drie persent te bereik wat nodig is vir werkskepping.








Comments