SA-troepe in DRK op pad huis toe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 12, 2025
- 1 min read
Die eerste groep Suid-Afrikaanse troepe, wat as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsending na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi is, is op pad huis toe. Volgens eNCA sal die soldate Vrydagmiddag by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein aankom. Die minister van verdediging sal later na verwagting die troepe by die Tempe Militêre Basis verwelkom. Die weermag het bevestig dat die onttrekkingsproses volgens plan verloop, dit ten spyte van vroeëre berigte van logistieke uitdagings.







Comments