top of page

SA verklaar die Israeliese adjunk-ambassadeur persona non grata

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het die Israeliese adjunk-ambassadeur, Ariel Seidman, tot persona non grata verklaar en hom drie dae gegee om Suid-Afrika te verlaat.


Die departement sê die besluit volg op herhaalde oortredings van diplomatieke norme wat Suid-Afrika se soewereiniteit ondermyn.


Dit sluit in beledigende aanvalle op president Cyril Ramaphosa wat op amptelike Israeliese sosiale mediaplatforms geplaas is, en die versuim om die departement in kennis te stel van beweerde besoeke deur senior Israeliese amptenare.


Die departement sê sulke gedrag is onaanvaarbaar en skend gevestigde diplomatieke praktyk.


Ariel Seidman. FOTO: Business Day
Ariel Seidman. FOTO: Business Day

 
 
 

Comments


bottom of page