top of page

SA vloothoof is moontlik in die sop oor Iran se oefeningdeelname

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 19
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Vloothoof, Monde Lobese, word luidens berigte ondersoek oor Iran se deelname aan ’n vlootoefening in Valsbaai.


Iran se deelname was in stryd met direkte instruksies van president Cyril Ramaphosa. Iran moes onttrek aan Operasie Will for Peace, maar die oefening het voortgegaan.


Die minister van verdediging, Angie Motshekga, het laat verlede week ’n ondersoekraad aangestel om vas te stel of die opdrag misverstaan of geïgnoreer is.


Die raad het sewe dae om verslag te doen.


FOTO: Times of India
FOTO: Times of India


Comments


bottom of page