top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA wil vir nog ‘n termyn op die Internasionale Telekommunikasie-unie se raad dien

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago
1 min read

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sê Suid-Afrika streef na herverkiesing tot die Raad van die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU). Dit gebeur terwyl die land by ander lidstate aansluit by die konferensie wat tot 27 November in Doha in Qatar plaasvind.


Die konferensie sal die ITU se vyf verkose amptenare en lede van die raad aanwys. Suid-Afrika beoog om vir nog 'n termyn, van volgende jaar tot 2030, in die raad te dien.


Die land beoog om tydens hierdie termyn digitale openbare infrastruktuur, die aanlyn beskerming van kinders, en die veilige gebruik van kunsmatige intelligensie te bevorder.


Ter illustrasie. FOTO: Wikipedia
Ter illustrasie. FOTO: Wikipedia

 
 
 

Comments


bottom of page